Zak is vier - dit was nou op Woensdag 13 Junie! Ons dank ons Hemelse Vader vir hierdie groot seën en genade in ons lewe. Die weer het lieflik saamgespeel verlede Saterdag met die partytjie en die kleingoed het heerlik weggelê aan die koek en lekkers, die ma's het gekuier en die pa's en oom het saamgespring op die springkasteel! O, en oupa het die Ferrari gemaak en foto's geneem. Ekskuus vir die baie foto's van nig Hilke, maar sy het net aanhou poseer ;-).